

Dis kan wissel van ‘n gryskop swart man, ‘n
middeljarige wit vrou, ‘n sexy paartjie in swemklere, ‘n laggende kind
in ‘n
rystoel, huilende babas en nog meer.
Daar is iets mooi in almal." -Dawid Roux-
__________________
Dawid Roux is 'n professionele fotograaf sedert 1982. Jy kan
hom feitlik enige fotografie opdrag gee. Of dit nou mense, produkte of
plekke is wat jy vasgevang wil hê,
jy is by die regte plek. Hy het 'n
tuisstudio in Johannesburg, Suid-Afrika en is meer as bereid om na
enige plek te reis.
Dawid het sy fotografiese loopbaan in 1982 by Beeld koerant
begin waar hy as Hooffotograaf gedien het voordat hy as fotoredakteur
by Media24 aangestel is.
Sy media-agtergrond het in hom 'n skerp oog
vir veelsydigheid en 'n diepgewortelde bewustheid vir die nakoming van
sperdatums gevestig.
Goeie interpersoonlike verhoudings stel hom in staat om mense in enige situasie op hul gemak te stel.
Sy hoë-gehalte toerusting help hom om die resultate te skep wat jou verwagtinge oortref.
'n Ateljee of n ander gebeurtenis kan 'n wonderlike geskenk
wees.
Tariewe is mededingend en onderhandelbaar. Kontak hom vir 'n kwotasie. Wat die kwaliteit betref? Jy kan self oordeel.
Om
dinge verstaanbaar
vir almal te maak is die res van die blad in Engels.
Dis net lekker om jou in Afrikaans te
groet.
